
Bafana moet alles uithaal teen Nigerië
Loading player...
Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat 'n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker - mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span wat Lesotho in Maart 2-0 geklop het. Bafana lei Groep C met 16 punte, met Benin tweede en Nigerië derde. Kaptein Ronwen Williams sê hulle is gefokus op die wedstryd: