
SA ekonomie herstel effe met 0,8% kwartaallikse groei
Loading player...
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het tydens die vrystelling van die bruto binnelandse produk-uitslae gesê vervoer en die boubedryf het afgeneem en uitvoere het met 3,2-persent gedaal, wat 'n las op die ekonomie is: