
Kankervereniging wil openbare palliatiewe sorg sien
Loading player...
Die Kankervereniging van Namibië beywer hom vir die landwye integrasie van palliatiewe sorg in Namibië se openbare gesondheidstelsel. Die direkteur van die vereniging, Rolf Hansen, sê die vereniging het met die ministerie van gesondheid vergader om besprekings oor die kwessie aan die gang te sit. Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.