Groenwaterstofprogram verken geleenthede in S-Korea

Loading player...
Namibië versterk steeds sy globale groenenergie-bande, hierdie keer in Suid-Korea. Deur sy Groenwaterstofprogram neem Namibië deel aan 'n hoëvlak-beleidsforum in Seoel, wat daarop gemik is om die groen waterstofwaardeketting te versterk. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê programwoordvoerder Jona Musheko dat die forum - aangebied deur Suid-Korea se Nasionale Vergadering en Jeju-provinsie - 'n geleentheid is om Namibië as 'n toekomstige verskaffer van groen waterstof te posisioneer.
9 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol, NDF wapens dryf Kaapse bendegeweld aan

Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe…
10 Sep 12AM 1 min

Afronding van koring-oes lei tot hoë waterverbruik by Hardap

Hardapdam staan tans op 65,4 persent van kapasiteit met 3,634 miljoen kubieke meter water wat in ‘n week deur produsente by die groenskema by die dam benut is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Hardap-boerevereniging se voorsitter Dawie de Klerk oor die verbruik. Hy sê dit handel oor die…
10 Sep 12AM 1 min

MTC weerlê omgewingskade tydens sy Buffalo-projek

MTC het bewerings van die hand gewys dat hul Buffalo-projek wat netwerkverbindings tussen Rundu en Katima Mulilo verbeter, omgewingskade veroorsaak. Foto’s van bome wat afgekap is, is wyd op sosiale media gedeel. Die maatskappy sê dat alle werk met volle omgewingsgoedkeurings en toestemmings van grondeienaars uitgevoer word. In 'n onderhoud…
10 Sep 12AM 1 min

Kommer oor Mpumalanga grenspos

ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie…
9 Sep 11PM 1 min