Die Universiteit van Namibië, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, bied vanaand die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing aan op die Unam-kampus in Windhoek. Ter ere van die lewe en nalatenskap van die oorlede anti-apartheidsaktivis, is die tema: "Van Blootstelling tot Aksie – Versterking van Stelsels in die Stryd Teen Korrupsie."…
Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en 'n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in…
Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. 'n Sesjarige meisie is na bewering deur 'n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl 'n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur…
Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van 'n miljard Suid-Afrikaanse rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om 'n…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê hy is geskok oor die Israeliese aanval in Doha. Ses mense is in die aanval dood wat Israel op Hamas-lede, wat vergader het oor ‘n Amerikaanse skiestilstand voorstel, uitgevoer het. Guterres sê Katar het ‘n kritieke rol gespeel om vrede te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.