
Kommer oor Mpumalanga grenspos
Loading player...
ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie voldoende kapasiteit nie en vra vir dringende nasionale optrede, sterker patrollies en behoorlike befondsing, om Suid-Afrika se soewereiniteit en landsburgers te beskerm, en wet en orde langs hierdie grense te handhaaf: