MTC weerlê omgewingskade tydens sy Buffalo-projek

Loading player...
MTC het bewerings van die hand gewys dat hul Buffalo-projek wat netwerkverbindings tussen Rundu en Katima Mulilo verbeter, omgewingskade veroorsaak. Foto’s van bome wat afgekap is, is wyd op sosiale media gedeel. Die maatskappy sê dat alle werk met volle omgewingsgoedkeurings en toestemmings van grondeienaars uitgevoer word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi gesê dat die infrastruktuur slegs op grond wat deur die Padowerheid besit word, geïnstalleer word.
10 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing vanaand

Die Universiteit van Namibië, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, bied vanaand die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing aan op die Unam-kampus in Windhoek. Ter ere van die lewe en nalatenskap van die oorlede anti-apartheidsaktivis, is die tema: "Van Blootstelling tot Aksie – Versterking van Stelsels in die Stryd Teen Korrupsie."…
10 Sep 6AM 1 min

Ekonoom sê goud sal verder styg, tot verby US$4 000

Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en 'n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in…
10 Sep 6AM 1 min

Ombud-kantoor eis optrede teen minderjarige verkragtings

Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. 'n Sesjarige meisie is na bewering deur 'n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl 'n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur…
10 Sep 6AM 1 min

SABC: Sentech soek sy geld, sal in Desember senders afskakel

Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van 'n miljard Suid-Afrikaanse rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om 'n…
10 Sep 4AM 1 min

Guterres sê Katar is kritiek vir vrede

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê hy is geskok oor die Israeliese aanval in Doha. Ses mense is in die aanval dood wat Israel op Hamas-lede, wat vergader het oor ‘n Amerikaanse skiestilstand voorstel, uitgevoer het. Guterres sê Katar het ‘n kritieke rol gespeel om vrede te…
10 Sep 4AM 1 min