
Afronding van koring-oes lei tot hoë waterverbruik by Hardap
Loading player...
Hardapdam staan tans op 65,4 persent van kapasiteit met 3,634 miljoen kubieke meter water wat in ‘n week deur produsente by die groenskema by die dam benut is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Hardap-boerevereniging se voorsitter Dawie de Klerk oor die verbruik. Hy sê dit handel oor die afronding van die koring wat teen November volledig gestroop sal wees.