
IPC sê Sankwasa verraai sy eie teenkorrupsie-standpunt
Loading player...
Die IPC het hom teen die aanstelling van Marina Kandumbu as waarnemende administrateur van die Katima Mulilo-stadsraad uitgespreek. Die IPC se skaduminister van justisie, Elvis Lizazi, sê die besluit van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, weerspreek sy teenkorrupsie-standpunt direk. Kandumbu is in 2014 aan korrupsie skuldig bevind, maar bevind haar nou aan die stuur van 'n raad wat ontbind is weens finansiële onreëlmatighede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Lizazi gevra dat die aanstelling onmiddellik omgekeer word.