Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai?

Loading player...
Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur?

Ons gesels met dr. Yolinda Steyn, ’n ervare traumakundige en navorser wat al baie jare werk met kinders, jongmense en volwassenes. Haar navorsing en praktyk fokus onder andere op die invloed van sosiale media en hoe dit ons brein, ons verhoudings en ons gesondheid raak.

Besoek Yolinda se webwerf vir gratis hulpmiddels en meer inligting: https://www.drsteyn.com/
10 Sep Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne

Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n…
6 Sep 46 min

Ep. 25 - Cohen-konferensie: Alles het ’n kraak en die lig skyn daardeur

As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan…
19 Aug 14 min

Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie

Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van…
18 Aug 15 min

Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai"

Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere…
30 Jul 16 min

Ep. 22 - Karel Verhoef vertel oor opwindende dinge by Radiokansel

Dit is altyd lekker wanneer mense by ons kom kuier by die Sinodale kantoor in Bellville. Vandag het ds. Karel Verhoef, die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Kansel, by ons kom koffie drink. Hierdie tipe kuiers loop gereeld uit op ’n opname in ons ateljee – sodat ons ook iets…
14 May 17 min