Starmer maak verskoning vir Mandelson se aanstelling

Loading player...
Die Britse premier, Keir Starmer, het in 'n televisie-onderhoud gesê hy sou nooit Peter Mandelson as Amerikaanse ambassadeur aangestel het as hy toe geweet het wat hy nou weet nie. Dit was die eerste keer dat Starmer in die openbaar gepraat het sedert hy Lord Mandelson afgedank het, toe die druk om van hom ontslae te raak toegeneem het nadat meer e-posse tussen Mandelson en die seksoortreder Jeoffrey Epstein vrygestel is. Luister self:
16 Sep 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC het vrae oor Vitol se omkopery, moontlike brandstof-oorheersing

Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
6 Mar 8AM 1 min

Regering gaan aan asof geen wêreldkrisis: LPM

Reaksie word ontvang op Onafhanklikheidsdag op 21 Maart wat vanjaar amptelik in al 14 streke gevier sal word, en altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar gaan kos. Met gebeure in die Midde-Ooste wat die wêreldekonomie op die agtervoet het, voel opposisie-partye dat die land se prioriteite nie reg is nie. LPM-woordvoerder…
6 Mar 8AM 1 min

Walvisbaai-hawe verwag meer skepe oor Midde-Ooste konflik

Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken…
6 Mar 8AM 1 min

TLU SA bekommerd oor tempo, rigting van BKS-optrede

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die huidige tempo en rigting waarin die regering die bek-en-klouseer-uitbreking bestuur. Die organisasie is deel van die Bek-en-Klouseer-bedryfskoördineringsraad wat die landbouminister, John Steenhuisen, gestig het vir 'n gekoördineerde poging ter ondersteuning van die gefaseerde instel van die strategie. Woordvoerder Caria van der Merwe…
6 Mar 7AM 1 min

BoN trek likwidasie-aansoek teen Trustco Bank terug

Die sentrale bank van Namibië het sy aansoek in die hoërhof vir die likwidasie van voormalige Trustco Bank, 'n filiaal van die Trustco-groep, teruggetrek. Quinton van Rooyen Jnr, die besturende direkteur van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dis bewys dat die bank wel solvent is.
6 Mar 7AM 1 min