SA se jaarlikse inflasie daal tot 3,3% in Augustus

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3-persent verlangsaam, minder as die 3,5-persent in Julie. Die hoofdirekteur van prys-statistieke, Patrick Kelly, sê laer voedsel- en brandstofpryse het gehelp om die koers te verlaag. Jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het tot 5,2-persent gedaal en brandstof het met 5,7-persent gedaal. Intussen is stapelvoedsel, insluitend graankosse en witrys, goedkoper, maar beesvleis en sekere groente bly duur:
17 Sep 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië presteer goed op sake-indeks

Namibië se rang op die 2026 Innoveerders Sake-omgewing Indeks is 86ste in die wêreld en tweede in Suider-Afrika. Namibië beklee ook die eerste plek in Afrika onder die markpersepsie-pilaar, wat dui op gunstige streekbeoordelings rakende bestuur, stabiliteit en internasionale toeganklikheid. Die indeks toon 'n goeie internasionale persepsie oor die land…
5 Mar 11PM 1 min

Steenhuisen bevestig weer regering betaal vir BKS-inentings

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering gaan die volle koste dra van nasionale kuddes se inenting teen bek-en-klouseer. Entstowwe word nou na alle provinsies versprei, met honderde duisende diere wat elke week ingeënt word. Die doel is om teen Desember 80-persent van die inentings toe te…
5 Mar 11PM 1 min

Multichoice groet Showmax

Die Showmax-raad het planne aangekondig dat die stromingsdiens gestaak sal word, met verwysing na langtermynvolhoubaarheid en strategiese prioriteite. In 'n brief wat Donderdag aan intekenare gestuur is, sê die maatskappy die raad het na 'n omvattende oorsig besluit om die Showmax-diens in die nabye toekoms te staak. Die direksie sê…
5 Mar 11PM 1 min

Innoverende slagregte deur Savanna uitgereik

Savanna Beef Processors het aangekondig dat hy slagregte sal uitreik. Die toewysing van die slagregte sal gebaseer wees op 'n gekombineerde verhouding tussen elke kwartaal van die finansiële jaar. Dit is 'n baanbrekende innovasie aangesien die regte op die Namibiese Sekuriteitebeurs verhandel kan word, wat 'n eerste vir Namibië is…
5 Mar 11PM 1 min

Aupindi verduidelik komitee-standpunt oor in-situ-loging

Reaksie kom in op Sauma wat groot kommer geopper het oor die verslag van die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, wat aanbeveel dat Headspring Investments en Uranium One met in-situ uraan-eksplorasie in die Omaheke-streek voortgaan. Dit is om tot 'n wetenskaplike gevolgtrekking te kom oor die weg vorentoe. Volgens die…
5 Mar 11PM 1 min