Namibië presteer goed op sake-indeks

Loading player...
Namibië se rang op die 2026 Innoveerders Sake-omgewing Indeks is 86ste in die wêreld en tweede in Suider-Afrika. Namibië beklee ook die eerste plek in Afrika onder die markpersepsie-pilaar, wat dui op gunstige streekbeoordelings rakende bestuur, stabiliteit en internasionale toeganklikheid. Die indeks toon 'n goeie internasionale persepsie oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat, wat verduidelik wat gedoen kan word om die sake-omgewing vir klein- tot mediumskaalse besighede verder te verbeter.
5 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vroue moet meer sake-ondersteuning ontvang

Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg…
6 Mar 2AM 1 min

Teenkorrupsie maatreëls nodig na Madlanga-kommissie

Adjunkpresident Paul Mashatile sê hoewel die regering verskeie maatreëls ingestel het om korrupsie op te spoor en te voorkom, sal verdere maatreëls nodig wees na aanleiding van die finale bevindinge van die Madlanga-kommissie. Hy het gister mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Mashatile sê die Justisie-, Misdaadvoorkoming-…
6 Mar 1AM 1 min

Amerikaanse aanvalle raak nou eers doelgerig - Hegseth

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die Amerikaanse sending in Iran vorder doelgerig en waarsku hulle vuurkrag gaan dramaties toeneem. Hy het gister die media by die Amerikaanse Sentrale Bevel toegespreek. Hegseth sê Iran is verantwoordelik vir die uitbreiding van konflik in die streek omdat hy lande aanval…
6 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bevestig weer regering betaal vir BKS-inentings

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering gaan die volle koste dra van nasionale kuddes se inenting teen bek-en-klouseer. Entstowwe word nou na alle provinsies versprei, met honderde duisende diere wat elke week ingeënt word. Die doel is om teen Desember 80-persent van die inentings toe te…
5 Mar 11PM 1 min