Sankwasa kyk na verordeninge rakende informele handelaars

Loading player...
Die ministerie van stedelike ontwikkeling is besig om munisipale verordeninge te hersien om te verseker dat informele handelaars in Windhoek en ander dorpe wettig erken en beskerm word. Die lynminister, James Sankwasa, sê die besluit kom in reaksie op voortdurende spanning tussen straatverkopers en wetstoepassing. Die handelaars dra meer as 30 persent tot die ekonomie by. Stefanus Matheus, sekretaris-generaal van die Namibiese Informele Sektororganisasie, het die inisiatief verwelkom en sê die informele sektor speel 'n belangrike rol in werkskepping en ekonomiese bydrae.
24 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
5 Mar 10AM 1 min

Proteas het nie ge-'choke', net opstopper gekry: Shukri

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
5 Mar 10AM 1 min

Namibië uiters gewild by reuse ITB Berlin toerismeskou

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 20 mede-uitstallers. Kosmos 94.1 Nuus het met Matthias Lemcke, die direkteur van Europa by die raad gepraat.
5 Mar 9AM 1 min

Faksies in Swapo kom na vore, sê kundige

Die regering het hom tot dusver nie by enige kant in die oorlog in die Midde-Ooste geskaar nie, maar net die geweld veroordeel en 'n neutrale standpunt ingeneem. Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het egter met die ambasadeur van Iran, Mohammad Baqer Beigi, by Swapo se nasionale hoofkwartier vergader. Sy het…
5 Mar 9AM 1 min

Lang rye by staatshospitale, klinieke kry aandag: Luvindao

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie poog om die chroniese opeenhoping by staatshospitale en -klinieke aan te spreek. Dit kom nadat parlementslede kommer uitgespreek het oor die openbare gesondheidsorgstelsel wat onder ernstige druk verkeer, met meer as 1 000 pasiënte wat soms agt uur lank by fasiliteite soos die Katutura-hospitaal…
5 Mar 9AM 1 min