Lang rye by staatshospitale, klinieke kry aandag: Luvindao

Loading player...
Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie poog om die chroniese opeenhoping by staatshospitale en -klinieke aan te spreek. Dit kom nadat parlementslede kommer uitgespreek het oor die openbare gesondheidsorgstelsel wat onder ernstige druk verkeer, met meer as 1 000 pasiënte wat soms agt uur lank by fasiliteite soos die Katutura-hospitaal moet wag vir diens. Luvindao sê die lang rye word veroorsaak deur kritieke personeeltekorte, onvoldoende infrastruktuur en beperkte hulpbronne.
5 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bewaringsbewustheid neem toe in Ohangwena-streek

Ten spyte van die voortdurende mens-dier-konflik wat boere in die Ohangwena-streek teister, het bewaringsbewustheid en sterker wetstoepassing gehelp om groot wildlewe-misdade in 2025 te voorkom. Tydens haar streeksrede het goewerneur Kadiva Hamutumwa gesê dat geraakte boere meer as 106 000 Namibiese dollar in vergoeding ontvang het deur die Selfonderhoudskema. Sy…
3 Jul 11AM 1 min

Baba-Bokke op wenpad by Junior Wêreldkampioenskap

Rugby: Die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, is steeds op die wenpad op die Junior Wêreldkampioenskap na hulle die gasheer, Georgië, 33-5 verslaan het in Tbilisi. Siphosethu Mnebelele het twee van die Junior Springbokke se vyf drieë gedruk. Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland en Wallis het ook oorwinnings behaal in die tweede…
3 Jul 11AM 1 min

NIEIS aan-en-af, ministerie werk aan probleem

Duisende Namibiërs wat aanlyn werk soek en aansoek doen, word geraak deur sporadiese ontwrigtings op die Namibië Geïntegreerde Werkinligtingstelsel, NIEIS. Die lynministerie sê die uitdagings is die gevolg van buitengewoon hoë aanvraag op die digitale werkportaal, veral wanneer vakatures geadverteer word. Ministeriewoordvoerder Maria Hedimbi verseker die publiek dat dringende tegniese…
3 Jul 11AM 1 min

China stel glo belang in plaaslike hernubare energie-bedryf

Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Jul 10AM 1 min