3 500 SA braaiers probeer Guinness-braairekord oortref

Loading player...
Nagenoeg 3 500 mense is gereed met hulle roosters op Loftus in Pretoria om op Erfenisdag 'n Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die plan is om Japan se 2023-rekord van 2 220 mense wat gelyktydig braai, te oortref. 'n Woordvoerder van Guinness Wolrd Record Manchester, Glenn Pollard, het aan Newzroom Afrika gesê deelnemers moet die reëls volg en vermorsing vermy. Hy sê Guinness-amptenare, toesighouers en streng reëls sal toesien dat Suid-Afrika se groot braai hopelik geskiedenis maak:
24 Sep 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
5 Mar 10AM 1 min

Proteas het nie ge-'choke', net opstopper gekry: Shukri

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
5 Mar 10AM 1 min

Namibië uiters gewild by reuse ITB Berlin toerismeskou

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 20 mede-uitstallers. Kosmos 94.1 Nuus het met Matthias Lemcke, die direkteur van Europa by die raad gepraat.
5 Mar 9AM 1 min

Faksies in Swapo kom na vore, sê kundige

Die regering het hom tot dusver nie by enige kant in die oorlog in die Midde-Ooste geskaar nie, maar net die geweld veroordeel en 'n neutrale standpunt ingeneem. Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het egter met die ambasadeur van Iran, Mohammad Baqer Beigi, by Swapo se nasionale hoofkwartier vergader. Sy het…
5 Mar 9AM 1 min

Lang rye by staatshospitale, klinieke kry aandag: Luvindao

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie poog om die chroniese opeenhoping by staatshospitale en -klinieke aan te spreek. Dit kom nadat parlementslede kommer uitgespreek het oor die openbare gesondheidsorgstelsel wat onder ernstige druk verkeer, met meer as 1 000 pasiënte wat soms agt uur lank by fasiliteite soos die Katutura-hospitaal…
5 Mar 9AM 1 min