Groei sal (steeds) op mynbou staatmaak

Loading player...
Namibië se ekonomie het met 1,6 persent in die tweede kwartaal gegroei, wat die 17de agtereenvolgende kwartaal van reële BBP-groei sedert vroeg in 2021 is, maar teen die stadigste tempo tot nog toe. Groei is gedryf deur dienste en 'n styging van 50 persent in mynbouwaarde, danksy hoë uraan- en goudpryse, hoewel reële mynbouproduksie met slegs 3 persent gestyg het. Vervaardiging het gesukkel, met diamantsny en -polering wat met 60 persent ineengestort het, terwyl landbou gemeng met vee afgeneem het, maar gewasboerdery met byna 50 persent gestyg het. Die hoof van data en analise by Cirrus, Tannan Groenewald, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom terugkeer van 62 veteraanspeurders

Die DA sê die terugkeer van 62 veteraanspeurders na die Wes-Kaap om ou sake en bendegeweld aan te pak, toon die behoefte aan plaaslike polisiemagte. Die party voer aan provinsies met die hulpbronne en vaardighede moet toegelaat word om self ondersoeke en georganiseerde misdaad te behartig. Ian Cameron van die…
5 Mar 1AM 1 min

'Jy begin nie 'n oorlog op 'n gevoel nie'

Reaksie is ontvang op berigte uit die VSA dat die Withuis sê president Donald Trump het ‘n gevoel gehad Iran sal ‘n aanval uitvoer en daarom het hy opdrag gegee dat Operasie Epic Fury uitgevoer moet word. Die kongreslid en afgetrede Amerikaanse kolonel Eugene Vindman sê jy begin nie ‘n…
5 Mar 1AM 1 min

Jarvis kan vandag geskiedenis maak

Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het ’n kans om geskiedenis te maak by die DP World-toer wanneer die Johannesburg Ope vandag by die Houghton-gholfklub begin. Die 22-jarige Jarvis wat agtereenvolgende seges behaal het in die Kenia Ope en Suid-Afrikaanse Ope, kan by gholfreuse soos Nick Faldo en wyle Seve Ballesteros aansluit…
5 Mar 12AM 1 min

Onwettige visvang is nie net in die see nie

Volgens die Tender Bulletin vind onwettige visvang in die land se waters op so ‘n groot skaal plaas dat dit die 15 miljard Namibiese dollar-sektor wesenlik bedreig. Die regering het egter nog geen stappe gedoen om dit hok te slaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van…
5 Mar 12AM 1 min

Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese…
4 Mar 11PM 1 min