
Nanso teiken damprook onder jeug
Loading player...
Die groeiende bedreiging van damprook, of ‘vaping’, onder Namibiese jeug sal sentraal staan by vanjaar se Edu Run, wat op 4 Oktober in Windhoek plaasvind. Die geleentheid, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, in vennootskap met Girl Up Namibia, begin by Van Rhyn Laerskool en is daarop gemik om bewustheid te verhoog rondom belangrike gesondheids- en onderwyskwessies. Nanso-president Dorthea Nangolo het 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gehad en die dringende behoefte aan onderwys en intervensie beklemtoon om jongmense teen die verborge gevare van damprook te beskerm.