Nanso teiken damprook onder jeug

Loading player...
Die groeiende bedreiging van damprook, of ‘vaping’, onder Namibiese jeug sal sentraal staan by vanjaar se Edu Run, wat op 4 Oktober in Windhoek plaasvind. Die geleentheid, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, in vennootskap met Girl Up Namibia, begin by Van Rhyn Laerskool en is daarop gemik om bewustheid te verhoog rondom belangrike gesondheids- en onderwyskwessies. Nanso-president Dorthea Nangolo het 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gehad en die dringende behoefte aan onderwys en intervensie beklemtoon om jongmense teen die verborge gevare van damprook te beskerm.
29 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom terugkeer van 62 veteraanspeurders

Die DA sê die terugkeer van 62 veteraanspeurders na die Wes-Kaap om ou sake en bendegeweld aan te pak, toon die behoefte aan plaaslike polisiemagte. Die party voer aan provinsies met die hulpbronne en vaardighede moet toegelaat word om self ondersoeke en georganiseerde misdaad te behartig. Ian Cameron van die…
5 Mar 1AM 1 min

'Jy begin nie 'n oorlog op 'n gevoel nie'

Reaksie is ontvang op berigte uit die VSA dat die Withuis sê president Donald Trump het ‘n gevoel gehad Iran sal ‘n aanval uitvoer en daarom het hy opdrag gegee dat Operasie Epic Fury uitgevoer moet word. Die kongreslid en afgetrede Amerikaanse kolonel Eugene Vindman sê jy begin nie ‘n…
5 Mar 1AM 1 min

Jarvis kan vandag geskiedenis maak

Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het ’n kans om geskiedenis te maak by die DP World-toer wanneer die Johannesburg Ope vandag by die Houghton-gholfklub begin. Die 22-jarige Jarvis wat agtereenvolgende seges behaal het in die Kenia Ope en Suid-Afrikaanse Ope, kan by gholfreuse soos Nick Faldo en wyle Seve Ballesteros aansluit…
5 Mar 12AM 1 min

Onwettige visvang is nie net in die see nie

Volgens die Tender Bulletin vind onwettige visvang in die land se waters op so ‘n groot skaal plaas dat dit die 15 miljard Namibiese dollar-sektor wesenlik bedreig. Die regering het egter nog geen stappe gedoen om dit hok te slaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van…
5 Mar 12AM 1 min

Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese…
4 Mar 11PM 1 min