Viool en orrel is opwindende pasmaats tydens uitvoering by die Odeion in Bloemfontein

Loading player...
Musiek vir viool en pyporrel het oor die eeue baie gewild geword. Die orrel het moontlikhede wat vergelykbaar is met dié van 'n simfonieorkes as gevolg van al die verskillende register-opsies wat orkesinstrumente verteenwoordig. Die volgehoue klank op die orrel bied ook 'n kooragtige begeleiding vir die viool, wat groot bewegingsvryheid vir die viool toelaat wat nie met die klavier moontlik sou wees nie. Zanta Hofmeyr en Cameron Upchurch sal 'n verskeidenheid van musiek aanbied tydens hul program van bekende komponiste die 25ste Oktober by die Odeion in Bloemfontein. Zanta sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklup met al die besonderhede.
9 Oct 2025 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min