
Hopelik is regering ernstig oor beter plaaslike owerhede
Loading player...
Die naweek het die president Netumbo Nandi-Ndaitwah lofliedere gesing oor plaaslike owerhede tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsveldtog in Walvisbaai. Volgens haar werk die Swapo-party daartoe om effektiewe en reagerende plaaslike en tradisionele owerhede aan te moedig. Sy het wel tereg aangewys dat plaaslike owerhede die hart van 'n regering is. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat.