
BOSA vra einde aan taalongelykheid in skole
Loading player...
BOSA het tydens 'n debat oor Internasionale Moedertaaldag die parlement gevra om aandag te skenk aan taalongelykheid in skole. Die party se woordvoerder, Roger Solomons, sê die meeste leerders word in Engels onderrig, al praat min van hulle dit by die huis. Hy sê die bevindings van die 2030 Leespaneel waarsku teen 'n geletterdheidskrisis en bepleit die uitbreiding van moedertaalonderrig. Solomons vra ook verbeterde leerstof en sterker veeltalige onderwyseropleiding:

