Groot frustrasie met seekoei stropery by die Okavango

Loading player...
Daar is weer ‘n seekoei by die Okavangorivier gestroop. Die karkas is aan die Angolese kant gevind en Namibiërs het oorbeweeg om die vleis te oes. Hulle is deur Angolese owerhede gearresteer. Mark Paxton van die nabygeleë Shamvura Camp sê hulle het al met die omgewingministerie gepraat en volgens die ministerie kan Namibië niks doen nie omdat die geval in Angola was. Dit is ten spyte daarvan dat die vleis in Namibië verkoop word, volgens inwoners in die omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Paxton gepraat wat sê alles is al probeer maar hulle kry geen reaksie nie.
7 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot grond = voedselsekerheid: oud-landbouminister

Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
20 Oct 11AM 1 min

Slot gefrustreerd oor Liverpool se swakhede

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
20 Oct 11AM 1 min

Kom geniet Auas Hills aftreeoord se markdag!

Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
20 Oct 10AM 1 min

ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige

Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
20 Oct 10AM 1 min