
Voorskou op skuldvlakke onder Namibiërs
Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap is besig met sy finansiële inklusiwiteit opname, en die laaste opname in 2017 het skokkende patrone onthul. Cirrus het in 'n ontleding daarvan bevind dat die hoofrede vir lenings was om kos te koop. Dit was die geval vir 42 persent van respondente, terwyl 18 persent gesê het hulle lenings was vir klere koop. Onderwys was derde op 12 persent, en mediese rekeninge, huur en elektrisiteit was vierde op 8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus ekonoom Tannan Groenewald, wat 'n vooruitskouing van toekomstige tendense gee.

