
LLF vorder goed in Kunene-streek
Loading player...
Die Legacy Landscape Fund waaraan Namibië deelneem word gebruik om die Skedelkus- en Etosha-omgewing in die lang termyn te verbind, om toerisme en bewaring in die twee gebiede te bewerkstellig. Die fonds ontvang jaarliks 1 miljoen euro vir verskeie bewaringsinisiatiewe. Die LLF is 'n wêreldwye organisasie wat in Duitsland gestig is om bewaring wêreldwyd moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Vinte Mendes gepraat, die projek bestuurder van LLF in Namibië. Hy is tans in Berlyn vir 'n LLF konferensie waar al die lande terugvoering gee oor die verskeie projekte.