
N$3,5m op Onafhanklikheidsvieringe
Loading player...
Onafhanklikheidsdag op 21 Maart sal vanjaar amptelik in al 14 streke gevier word, en nie net in een streek soos in die verlede nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die vieringe in Windhoek geniet. Die landswye vieringe gaan die land altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar kos. Kosmos 94.1 Nuus het met die presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo gepraat.

