
VSA-Kanada handelsooreenkoms amper daar - Carney
Loading player...
Die Kanadese premier, Mark Carney, sê hy is optimisties oor die vooruitsigte om uiteindelik 'n handelsooreenkoms met die VSA te bereik. Hy het Dinsdag die Withuis besoek. Die Amerikaanse president Donald Trump het in Julie 'n heffing van 35-persent op Kanadese invoere ingestel, maar het vrystellings toegelaat vir goedere wat onder die handelsooreenkoms tussen die Verenigde State, Mexiko en Kanada val. Carney sê daar is gebiede waar Kanada en die VSA kan meeding, en gebiede waar die twee lande saam sterker sal wees: