
Ons groet dalk gryslys einde Oktober
Loading player...
Namibië sal in laat-Oktober hoor of dit van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal sal word, en of nog werk nodig is. Die land is in Februarie 2024 op die gryslys geplaas en het 'n aksieplan met 13 strategiese tekortkominge gekry wat reggestel moes word, waarvan agt reeds afgehandel is. Die taakmag het die land tot Mei 2026 gegee om die oorblywende vyf aan te spreek, maar die Finansiële Intelligensie-sentrum het reeds in 'n aangesig-tot-aangesig vergadering rekenskap gegee van vordering daarmee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sentrum se direkteur, Bryan Eiseb.