Cyril stel paneel aan om nuwe openbare vervolging-hoof te kies

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het 'n paneel saamgestel wat 'n opvolger vir die Direkteur van Openbare Vervolging moet kies. Die paneel, onder voorsitterskap van die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bestaan uit leiers van die regsgemeenskap en Hoofstuk Nege-instellings. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die huidige direkteur, advokaat Shamila Batohi, se termyn eindig in Januarie volgende jaar:
8 Oct 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O&L verkoop aandele in Cleanergy Solutions

Die Ohlthaver en List Groep het aangekondig hy het sy aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop aan H2InfraNV, 'n filiaal van CMB.TECH wat die eienaars van die res van die aandele is. Die transaksie moet nog goedgekeur word deur die Namibiese Mededingingskommissie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die…
20 Oct 8AM 1 min

Strafsaak teen Stellenbosch-munisipaliteit geopen oor natuurvernietiging

Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het ʼn strafsaak teen die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en beskuldig amptenare dat hulle onwettige ontwikkelings in die Botmaskop-natuurgebied goedkeur. Die party sê die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het toegelaat dat paaie, rioolpyplyne en ander infrastruktuur op die beskermde grond opgerig word sonder wetlik-vereiste omgewingsgoedkeuring. Karl Bodin van die…
20 Oct 8AM 1 min

Finansministerie mik na volle digitale betaalstelsel

Die finansministerie het aangekondig dat hy digitale oplossings versnel om te verseker dat betaling vir alle regeringsdienste ten volle digitaal word. Dit is vanoggend deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, Michael Humavindu, by die FinTech Futures 2025-forum in Windhoek gesê. Humavindu sê namate die finansiële sektor voortgaan om te…
20 Oct 8AM 1 min

Sindikaat steel regeringmedisyne, vat dit buurlande toe

Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor 'n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris,…
20 Oct 8AM 1 min

AfriForum soek antwoorde oor SANW en die DRK

AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die…
20 Oct 6AM 1 min