
Etosha-brand: 15 diere sover dood, waarvan 12 olifante en renosterkalf
Loading player...
Die omgewingministerie het bevestig dat 25 diere, insluitend 12 olifante en 'n renosterkalfie, dood is in die massiewe brand wat deur die Etosha Nasionale Park gevee het. Die direkteur van parke en wildlewe in die ministerie, Bennett Kahuure, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste watergate nou nagegaan is vir aangetaste wildlewe, met verskeie diere wat ook brandwonde opgedoen het.