
Nanso gaan gedwonge kruipery by skool ondersoek
Loading player...
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gaan 'n onafhanklike ondersoek instel na 'n voorval in die Kavango Wes-streek. Tydens die insident het 'n onderwyser blykbaar leerlinge vir 30-minute op hul knieë laat loop. Die voorval was vasgevang op video en het wyd op sosiale media sirkuleer. Beeldmateriaal wys hoe leerlinge beserings op hul knieë opgedoen het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham, Nanso-woordvoerder gepraat.