
LLPB verduidelik vordering met EU ontbossing-regulasies
Loading player...
Hierdie week is die Namibiese Landbou Unie saam met die Lewendehawe Produsente Organisasie besig met hulle jaarvergaderings. Baie kwessies word bespreek en die EU se ontbossing-regulasie wat op 1 Januarie in werking moes tree maar is uitgestel tot 2026, het ook onder die loep gekom. Namibië se beesvleiswaardeketting werk daaraan om te voldoen aan die EU se regulasies. Viktor Klazen die bestuurder van Farm Assured Namibian-vleis by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het gepraat oor Namibië se vordering om aan die vereistes te voldoen.