
Eerste fase van Gaza-vrede ooreengekom
Loading player...
President Donald Trump sê Israel en Hamas het ooreengekom oor die eerste fase van die 20-punt-vredesplan vir Gaza wat die spoedige vrylating van alle gyselaars moontlik maak. Die aankondiging volg op dae van onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Egipte. Trump sê Israel sal sy weermag uit die Gazastrook na 'n ooreengekome gebied onttrek. Hamas sê gyselaars en Palestynse gevangenes sal binne 72 uur na die implementering van die vredesooreenkoms uitgeruil word. Daar is steeds 48 gyselaars in Gaza, met slegs 20 wat glo nog leef. Trump sal ook na die Midde Ooste reis.