
Buitelanders en grond - Namibië is nie 'n uitsondering nie
Loading player...
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, het reeds in 'n verslag oor die Grond-wetsontwerp gemaan dat 'n verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond onder meer beleggers kan afskrik. Die vereniging is ook van die mening dat die owerhede op werkloosheid moet fokus en nie grond-eienaarskap nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende sakeman Dr. Leake Hangala gepraat, wat 'n ander siening het oor die verbod.