
April soek nie ‘Katutura rumours’ in parlement nie
Loading player...
Swapo-parlementslid Salomon April het in die parlement kommer uitgespreek oor die groot aantal vrae wat elke week in die Nasionale Vergadering geopper word. Hy het aangevoer dat die kernverantwoordelikheid om wetgewing te debatteer en aan te neem, opsy gesit word, aangesien parlementêre sittings toenemend oorheers word deur vrae van opposisielede. April sê gerugte uit Katutura hoort nie in die parlement te wees nie.