
Bipa sukkel steeds met voordelige eienaarskapsverklarings
Loading player...
Namibië se vordering om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys te kom word steeds belemmer deur vertragings in besighede se verklarings van voordelige eienaarskap. Dit skep wetlike en finansiële bestuursgapings wat die stelsel kwesbaar maak vir kriminele uitbuiting. Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, doen 'n beroep op alle entiteite om hul verklarings vinnig in te dien om Namibië te help om aan een van die belangrikste vereistes vir gryslys-verwydering te voldoen. BIPA se kliëntediensbestuurder, Romancia Shoonga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.