Kubersekuriteit word al hoe meer 'n kopseer vir besighede. Die inligtingministerie het onlangs aangekondig dat meer as 'n miljoen kuberaanvalle in 'n tydperk van ses maande in die land aangeteken is. Openbare bewustheid van die kwessie is dus uiters belangrik. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security…
Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase,…
Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die…
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan…
Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.