Kaapstad weer bo as toerisme bestemming

Loading player...
Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die benoeming bevestig die Moederstad se ongeëwenaarde wêreldwye aantrekkingskrag en spoor Kapenaars aan om te stem en so te help om die eerste plek te verseker:
9 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is 'n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in…
20 Oct 1AM 1 min

Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby 'n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC…
20 Oct 1AM 1 min

Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang

Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede…
20 Oct 1AM 1 min

GRN-aanstellings: Daar's ander maniere om geld te spaar

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag 'n moratorium ingestel op die werwing…
20 Oct 12AM 1 min