
SAPD het vir taakmag betaal - Masemola
Loading player...
Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê geen geheime fondse is gebruik om die taakspan vir politieke moorde te befonds nie. In sy getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee, sê Masemola die span se operasies is befonds deur die nasionale polisiebegroting wat deur homself en die hoof- finansiële beampte bestuur was. Hy het bewerings dat die span hulpbronne uit geheime intelligensiefondse verkry het, verwerp en gesê enige samewerking met Misdaadintelligensie sou afsonderlik gefinansier word: