
Naretu skop vas teen Namib Mills
Loading player...
Dit is tans die agtste week van die industriële aksie teen Namib Mills. Die gesprekke met die arbeidsminister het nie oplossings gelewer nie. Uitstaande kwessies sluit in die standaard minimum intreevlak, verhogings in vervoertoelaes en die implementeringsdatum van die salarisverhoging. Lynminister Wise Immanuel het die partye amper vyf weke gelede versoek om binne 'n week konsensus te bereik om 'n finale skikking moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die vakbond Naretu, Petersen Kambinda gepraat. Hulle skop vas.

