
Guterres vra alle partye om by Gaza-ooreenkoms te hou
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het 'n beroep op Israel en Hamas gedoen om ten volle by die wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms te hou. Die partye het Woensdag ingestem tot die eerste fase van 'n wapenstilstandsplan wat deur die VSA bemiddel is en wat die vrylating van alle gyselaars in Gaza, die Israelse onttrekking tot 'n ooreengekome punt en die vrylating van sommige Palestynse gevangenes sal toelaat. Guterres sê 'n permanente wapenstilstand moet verseker word en die bloedvergieting moet eens en vir altyd stop: