
Dwelms: Polisie moet by grense kom en nie op doeane staatmaak nie
Loading player...
Reaksie word ontvang oor toenemende dwelmgebruik in die land. Dit volg op 'n verslag van NamPol wat onthul dat owerhede in September alleen ongeveer 1 085 ton dagga, meer as 1 035 mandrax-tablette, 33 gram kokaïenpoeier en 186,5 eenhede crack-kokaïen gekonfiskeer het. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige NamPol-dwelmhoof, Hermie van Zyl, gepraat, wat onder meer die behoefte aan verhoogde grenspatrollies beklemtoon.