
Verdienste uit sosiale media - ons betaalsisteme is die probleem
Loading player...
Volgens die minister van inligting, Emma Theofelus het sy die ondersteuning van die Internasionale Telekommunikasie Unie gevra om Namibiërs toe te laat om betaling te kry van sosiale media platforms. Blykbaar het die ministerie met verskeie diensverskaffers gepraat om Namibiese sosiale media betalings moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni gepraat, eienaar van Facilit8 Namibië. Hy sê Namibiëse betalingsisteme is die probleem.