ActionSA sê die regering van nasionale eenheid waarsku landsburgers gedurig om hul sente om te draai, maar die uitvoerende gesag en president weier om ’n voorbeeld te stel. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering ’n salarisverhoging van 3,8-persent vir president Cyril Ramaphosa goedgekeur het. Athol Trollip van ActionSA sê terwyl…
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran is nog ’n voorbeeld van die internasionale orde se mislukking. Amerika sê hy het meer as 1 700 teikens in Iran getref sedert hy Saterdag met militêre optrede begin het. Teheran het geregeer met ’n vlaag aanvalle in…
Jongmense word aangemoedig om vroeg te begin spaar om 'n beter finansiële toekoms te verseker. Finansiële kenners sê jong volwassenes het hul grootste voordeel in welvaartbou nie in hoë salarisse nie maar in tyd. Christopher Freygang, welvaartbestuurder by Old Mutual Namibia, sê om leefstylinflasie te vermy, onder jou vermoë te…
Dit is tans die agtste week van die industriële aksie teen Namib Mills. Die gesprekke met die arbeidsminister het nie oplossings gelewer nie. Uitstaande kwessies sluit in die standaard minimum intreevlak, verhogings in vervoertoelaes en die implementeringsdatum van die salarisverhoging. Lynminister Wise Immanuel het die partye amper vyf weke gelede…
Die regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys het aan die Yslandse vismaatskappy Samherji geskryf en vergoeding geëis vir ongeveer 252 werkers wat in die nasleep van Fishrot afgelê is. Die werknemers, wat ontslaan is nadat Samherji sy Namibiese bedrywighede gestaak het, het skeidingsbetalings van slegs 10 000 Namibiese dollar elk ontvang. Byna…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.