
NNN lig Botswana se hulp met bek-en-klou uit
Loading player...
Botswana het Namibië gedurende die 2023/2024-boekjaar met meer as 3,8 miljoen dosisse entstowwe voorsien om teen bek-en-klouseer in te ent. Dit is vanoggend deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig tydens die openingsessie van die tweede Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie in Windhoek. Nandi-Ndaitwah sê die twee lande het verlede jaar 'n driejaarooreenkoms onderteken vir die voortgesette verskaffing van vee-entstowwe deur die Botswana-entstofinstituut.