
Akkerbouraad verbied SA tamaties, bring prysverligting
Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n verbod op tamatie-invoere uit Suid-Afrika ingestel. Hierdie stap is bedoel om die plaaslike landbousektor te ondersteun, omdat boere geraak word deur Suid-Afrika se opskorting van Namibiese produkuitvoere sedert Augustus. Die uitvoerverbod is afgedwing nadat Suid-Afrika invoerpermitte vir Namibiese produkte herroep het, met verwysing na sanitêre kwessies. Gilbert Mulonda, hoofbestuurder vir Akkerbou en Tuinbou-by die raad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.