
Mans moet hul geestesgesondheid beter oppas: sielkundige
Loading player...
Terwyl die wêreld vandag Wêreldgeestesgesondheidsdag herdenk, is daar 'n hernude oproep om die sosiale stigma rondom geestesongesteldheid aan te spreek. Kliniese sielkundige, Shaun Whittaker, beklemtoon dat dit veral vir Namibiese mans belangrik is om na hul geestesgesondheid om te sien. Volgens hom speel alkohol- en dwelmmisbruik ’n groot rol in Namibië se hoë selfdoodsyfer. Whittaker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.