
Ormonde ineenstorting is deel van groter boukrisis
Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu sê die instorting van die gebou in Ormonde in die suide van Johannesburg weerspieël 'n dieper krisis in die land se bousektor. Agt werkers is Maandag dood toe 'n gedeelte van die gebou wat nog in aanbou was, ingetuimel het. Een persoon word steeds vermis. Woordvoerder Asive Dyani eis 'n nasionale oudit van hoërisiko-bouterreine sowel as die versterking en uitbreiding van die Arbeidsinspektoraat:

