
Minstens 18 mense vermis na plofstof-fabriek ontplof
Loading player...
Minstens 18 mense word vermis en is vermoedelik dood nadat 'n ontploffing Vrydag by 'n ammunisiefabriek in die landelike gebiede van Tennessee die gebou vernietig het. Die ontploffing by Accurate Energetic Systems, sowat 100 kilometer wes van Nashville, is kilometers ver gevoel. Dit het tot verskeie sterftes gelei, maar teen laat gisteraand moes amptenare nog die dodetal bepaal. Die polisiehoof in Humphreys, Chris Davis,sê die toneel was een van die mees verwoestendes ooit in sy loopbaan en dit sal tyd neem om die oorsaak te bepaal. Davis het emosioneel geword toe hy die aankondiging gemaak het: