
Masemola sê hy het skrapping van politieke moorde-taakspan probeer stop
Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê hy het sy bes gedoen om die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde te stop. Masemola het voor die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie-kaping getuig en sê hy het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die eenheid te ontbind bevraagteken, en gewaarsku soortgelyke optrede teen die taakspan vir plaasmoorde sou woede en verontwaardiging in landbouverenigings ontketen het: