
Jeug 'moet tegnologie, innovasie benut vir ontwikkelingi'
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die land se jeug versoek om die leiding te neem in die toekoms, en Nust-gegradueerdes aangespoor om innovasie en tegnologie vir nasionale ontwikkeling te benut. Sy het die krag van die Vierde Industriële Revolusie beklemtoon en jong Namibiërs uitgedaag om hul kennis volhoubaar toe te pas, van huishoudings tot in die streke. Eerste minister Elijah Ngurare het 'n hooftoespraak namens haar gelewer tydens Nust se Oktober-gradeplegtigheid.